HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

Vakkeuses

VAKKEUSE GRADE 8 en 9

Foto: M. Le Roux

Let op dat alhoewel alle skole dieselfde vakke behoort te hê, ons leerders Tegnologie in spesiale toegeruste werkswinkels/laboratoriums neem en dus beter toegerus word vir ‘n keuse tussen ‘n ingenieurs of gewone studierigting vanaf graad 10.


 

 

 Vakke:

Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskap (Biologie en Fisiese Wetenskappe)
Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Geografie)
Ekonomie Bestuurswetenskappe (Rekeningkunde en Besigheidstudies)
Tegnologie (Grafiese Tekene en Werkswinkelpraktyk)
Skeppende Kuns (Kuns en Drama)
Lewensoriëntering

Verdere Onderwys en Opleiding (Graad 10-12)

1. Afrikaans (Huistaal)
2. Engels (Addisionele Taal)
3. Lewensoriëntering
4. Wiskunde / Tegniese Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid
5. Fisiese Wetenskappe /Tegniese Wetenskap / Bedryfstudies // Toerisme
6. Lewenswetenskap // Rekenaartoepassingstegnologie // Elektriese Tegnologie // Meganiese Tegnologie // Siviele Tegnologie//    Inligtingstegnologie
7. Geografie // Rekeningkunde // Ingenieursgrafika en Ontwerp

Inligtingstegnologie mag as 'n agste vak geneem word in graad 10 en, afhangende van punte behaal, as sewende vak in graad 11 en 12. Keuring om toelating tot Inligtingstegnologie is 'n vereiste.
Leerders wat Inligtingstegnologie neem moet ook Wiskunde neem.
Leerders wat 'n Tegnologie vak neem, moet Wiskunde, of  Tegniese Wiskunde of Tegniese Wetenskap, en Ingenieursgrafika en Ontwerp daarmee saam te neem.

 

 UNIVERSITEITSTOELATING

(VAKKE WORD AAN DIE EINDE VAN GRAAD 9 GEKIES VIR GRADE 10, 11 EN 12)

Enige vier vakke uit onderstaande lys van vakke moet geneem en geslaag word met 'n % van 50% of hoër.

1.'n Taal
2. Wiskunde
3. Wiskundige Geletterdheid
4. Fisiese Wetenskappe
5. Besigheidsstudies
6. Lewenswetenskap
7. Geografie
8. Rekeningkunde
9. Ingenieursgrafika en Ontwerp
10. Inligtingstegnologie

Tweet
Like