HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

Hoogste Toekenning!

Ettiene Mouton( hoofseun 2016) tydens die funksie waar hy 'n ministriële toekenning ontvang het as die beste leerder in IGO in die Wes-Kaap. Hier poseer hy saam met Helen Zille.


TOPPRESTEERDERS 2017

Labori is Trots!

Ons Top Presteerders by die Akademiese toekenningsaand in Januarie. Van Links, Ettiene Mouton, Annamé Geldenhuys, Hennie Visser (DUX) en Eugene Conradie. By hulle is Juffrou Koeglenberg wat aan die hoof van die jaarlikse funksie staan.

Presteerders 2015 -2016

Die matrieks van 2015 wat ons skool se naam hoog gehou het in die akademie, tydens die Akademiese Prestige Aand wat onlangs gehou is. Marlene Botes (derde van regs) is ons DUX LEERDER vir 2015.


AKADEMIES  - TOP 10

KWARTAAL  

Akademiese uitnemendheid en prestasie is baie belangrik vir ons skool.

Ons top 10 leerders in elke graad word elke kwartaal in die NUUSBRIEF gepubliseer.
Geluk aan elke leerling wat mooi presteer het en dit vir die leerkragte ’n plesier maak om hulle te onderrig. 








Tweet
Like