HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

SPORT  - PRESTEERDERS

2015

Gerdus en Harmse Visser

BOOGSKIET KAMPIOEN - Gerdus Visser het aan die volgende Boogskiet toernooie deelgeneem: Wereldkampioenskapstoernooi, 3D-Wereldkompetisie en "All-Stars"-Wereldkampioenskaptoernooi. By die Wereldkampioenskapstoernooi skiet hy 291 uit 300 en eindig 39ste uit 4871 skuts asook 39ste in sy graad. By die 3D-Wereldkompetisie skiet hy 294 uit 300 en eindig 1ste uit 1139, Hy word ook aangewys as die eerste NASP 3D-kampioen. By die "All-Stars"-Wereldkampioenskaptoernooi, skiet hy 299 uit 300 en eindig 1ste. Hy word ook aangewys as die beste skut van die toernooi. Hy stel ook 'n nuwe Afrika rekord op.

Harmse Visser het aan die volgende Boogskiet toernooie deelgeneem: Wereldkampioenskapstoernooi, 3D-Wereldkompetisie en "All-Stars"-Wereldkampioenskaptoernooi. By die Wereldkampioenskapstoernooi skiet hy 282 uit 300 en eindig 203de uit 4871 skuts asook 33ste in sy graad. By die 3D-Wereldkompetisie skiet hy 276 uit 300 en eindig 87ste uit 1139. 12de ook in sy graad. By die "All-Stars"-Wereldkampioenskaptoernooi, skiet hy 290 uit 300


Eben Brand is gekies vir die O/21 WP Hengel span wat later die jaar by Mosselbaai gaan hengel.


2014

Jukskei

Labori  Jukskei 1 ste span wen die Boland kampioenskappe, asook die toekenning vir die span met die beste dissipline en netheid. Theon Theron (K), Alrick Truter, Marco de Beer en Wilhelm Prins.

Drie leerders is opgeneem in die Boland Skole Jukskeispan.  Alrick Truter, Theon Theron (Ook aangewys as kaptein) en Tiaan Smit.

Rugby

Shane Bezuidenhoudt - verkies tot die Boland Elite span vir die O/16 Grand Khomo week, en verteenwoordig die SA Span in Ierland.
Boland skole sewes rugbyspan.

 

O/19A -RUGBYSPAN  (2014)

Tree na 14 agtereenvolgende wedstryde as oorwinnaars uit die stryd.

Lees meer hier

Boogskiet

  • Gerdus Visser -  Nuwe Afrika Kampioen!

Op die foto is Gerdus saam met Wilhelm Greef en die President van die NASP SA, sy pa Ian Visser, en Charl Rabie, WP Bestuur en Spanbestuurder.


  • Charlize Rabie - WP Boogskiet.

Toutrek

Simoné Abrahams, Chandré Louw, Tiaan van Wyk verteenwoordig Suid-Afrika by die Afrika Kampioenskappe in Zimbabwe.

Skopboks

Franco Adendorff verteenwoordig WP in skopboks.

Zani Venter  Boland skopboks lid van SA-span.

Hokkie 

Vion Johnson en Vincentia Johnson
Is verkies tot die 0/18C Boland hokkiespan.

Toutrek

Simoné Abrahams het as lid van die SATF - span deelgeneem. Sy verdien goud en silwer en is genooi om aan 'n nasionale oefenkamp deel te neem.

Atletiek

Tabisa Brown en Laurecia Coetzee is opgeneem in die Boland atletiekspan en neem deel aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe. Laurecia wen goud in die dogters 0.19 100m hekkies. (Wes-Kaap Kampioen) Beide se prestasies lei tot hul opname in die Wes-Kaap Atletiekspan en deelname aan die SA Junior Atletiekkampioenskappe.

Bofbal

James du Toit  verteenwoordig WP in bofbal. Hy toer binnekort na Italië as lid van die span.

Tweet
Like