HS LABORI  PAARL - DINAMIESE, MEERSTROMIGE SKOOL

Dinamiese Meerstromige Skool in die Paarl

TV Onderhoud SABC 2
Laai die volledige TV onderhoud wat met betrokkenes gevoer is oor die projek hier af.
Onderhoud.mp4 (47.23MB)
TV Onderhoud SABC 2
Laai die volledige TV onderhoud wat met betrokkenes gevoer is oor die projek hier af.
Onderhoud.mp4 (47.23MB)

Van Klaskamer na Praktyk

Labori Leerders bou self 'n Snoepie! 

Labori (die enigste skool wat die volle tegniese studierigting aanbied) is besig om in samewerking met die privaatsektor sy leerlinge voor te berei vir die wêreld van werk. 

Vanaf 2014 word 'n kursus in boukunde en bouwetenskap na-ure by die skool aangebied vir Labori leerlinge wat belangstel in 'n loopbaan in die boubedryf of verdere studie in 'n siviele rigting.

Die kursus word gratis aangebied deur Abré Marais Argitekte en die kursusgangers se eerste projek is die bou van 'n snoepie op Bethel (Labori se sportgronde).  Die materiaal benodig word hoofsaaklik verkry van donateurs wat die skool ondersteun in sy poging om ons leerlinge meer gereed te maak vir die lewe na skool. 

Hierdie is 'n poging om ons leerlinge meer praktykgerig te onderrig en hulle in staat te stel om meer kompeterend in die arbeidsmark te wees of om selfs as entrepeneurs te kan optree.

Die leerlinge wat die kursus voltooi, ontvang 'n sertifikaat na afloop daarvan.  Die ervaring wat tydens die kursus opgedoen word, sal beslis in die leerlinge se guns tel wanneer werkgewers jong mense met ervaring wil aanstel. 

Daar is nog moontlikhede vir ander besighede in die Paarl wat op hierdie manier wil betrokke raak by die ontwikkeling van ons tegniese leerlinge in hul ambagsvelde.

Ons werkswinkels is toegerus met die mees moderne masjinerie en apparaat en is ideaal vir kursusse in die meganiese, siviele en elektriese veld wat kan aansluit by die huidige skool-kurrikulum.
Baie van Labori se oudleerlinge is reeds gesogte werknemers by ingenieursfirmas in die Paarl.
Geleenthede soos dié sal toekomstige oudleerlinge se markwaarde  beslis verhoog. 

Besighede wat op hierdie manier wil betrokke raak by die ontwikkeling van ons jeug kan met die skool in verbinding tree.  Alle kontakbesonderhede is op die skool se webblad.

 

 

Paarl Post Berig

  

Tweet
Like